February 20, 2008
· Geliasseer in Toet-toet!
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2273762,00.html
As daar iets is wat my tot in my dinges in frustreer, is dit as jy inskryf vir ‘n sms-kompetisie en daarna kom daar f*okken 100 sms’e per dag om jou so ver te kry om weer in te skryf. Dit was die geval met die Vodacom en hulle blou BMW’s. Ek het eenkeer ‘n R10 (bid jou dit aan, f*kken R10!) sms gestuur en toe kry ek elke uur van die dag ‘n sms wat my aanraai om weer in te skryf. Ek het ‘n business top-up rekening, so jy bel en sms aansienlik minder as jy kan SIEN hoe jou geldjies minder raak. En, myns insiens, is iemand wat aanhoudend R10 per sms betaal in die hoop om ‘n BMW te wen, van die hoere besnuif.
Van die mense het der duisende rande spandeer aan inskrywings-sms’e en wil nou hulle kuite styf maak oor al die geld wat hulle willens en wetend aan k*k spandeer het. Nee dankie, so mal is ek nie oor ‘n BMW nie.
February 20, 2008
· Geliasseer in Toet-toet!
Ek is so gatvol vir mense wat dink hulle het alleenreg op die aarde ek kan kots!
Gister-middag na werk stop ek gou by SPAR. Gewoonlik is dit maar besig daai tyd van die laat-middag.
Terwyl ek by die till staan, is daar ‘n kind ‘n paar tille aan wat redelik sy moer gestrip het en sy driewiel spin dat jy net klippe sien spat. Dadelik is daar mense wat hulle oë rol en sug en jy kan sien die kind irretteer hulle nou vreeslik. Dit maak my de bliksem in.
Ek het ook ‘n kind wat weet van vloermoere gooi. En, dis vir my nog meer ongemaklik as vir die mense om my, maar is dit nodig om my en my kind aan te kyk of die kat ons ingedra het? NEE! Jou kinders is heel moontlik al groot, so jy’t al vergeet hoe jou kinders in ‘n winkel tekere gegaan het.
Of, jy het dalk nie kinders nie.
Wat my nog meer verbaas van die stok-innie-hol-bliksems wat julle aangluur, is; gryp jy nou daai kind daar en dan en gee hom ‘n pakslae, DAN moet jy die kyke sien. Ek het al ‘n tannie gehad wat na my toe gekom het, na ek my kind ‘n hou of 2 gegee het in ‘n winkelsentrum, wat my vra of was dit nou regtig nodig. Eerstens, het dit net mooi boggerol met enige iemand uit te waai as ek my kind wil dissiplineer nie. Ek is verantwoordelik daarvoor om my kind te leer van reg en verkeerd en solank ek nie my kind aanrand of mishandel nie, bly eerder weg, want jy is dalk net volgende….
Voor ek kinders gehad het, was my bek net so groot; ‘My kind sal nooit die voorreg he om ‘n tantrum te gooi nie, en ek sal dit en dat doen as sy dit wag’ Nê!
En net om my terug te bring aarde toe, kry ek ‘n kind met ‘n moerse sterk wil en wys sy my hoe min beheer jy oor ‘n 2jarige kan he as hy/sy ‘n vloermoer wil gooi. En as enige iemand gedink het dis vir daai ma lekker dat haar kind ‘n scene voor hordes mense maak – think again. Dis aaklig. So, hou op staar en bepaal jou by jou eie dinge.
Wat de moer wil julle nou eintelik hê? Gooi ‘n kind ‘n tantrum, word hy/sy ‘n brat genoem, en die ouers word uitgekryt as useless. Dissiplineer jy jou kind oor ‘n tantrum, word jy uitgekryt as onredelik. Een van die mees onvoorspelbaarste wese op aarde is kinders. En as hulle ‘n harde dag van speel en leer agter die blad het, moet jy maar weet…
Ek gee nooit onnodig pakslae nie en probeer baie keer alternatiewe maniere van dissiplinering, maar dis oor en oor bewys; ‘n pak op sy tyd, is soos brood en konfyt! (Of dit nou by die huis is of in SPAR!)