Vodacom gee nie meer BMW’s

 http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2273762,00.html

As daar iets is wat my tot in my dinges in frustreer, is dit as jy inskryf vir ‘n sms-kompetisie en daarna kom daar f*okken 100 sms’e per dag om jou so ver te kry om weer in te skryf.  Dit was die geval met die Vodacom en hulle blou BMW’s.  Ek het eenkeer ‘n R10 (bid jou dit aan, f*kken R10!) sms gestuur en toe kry ek elke uur van die dag ‘n sms wat my aanraai om weer in te skryf.  Ek het ‘n business top-up rekening, so jy bel en sms aansienlik minder as jy kan SIEN hoe jou geldjies minder raak.  En, myns insiens, is iemand wat aanhoudend R10 per sms betaal in die hoop om ‘n BMW te wen, van die hoere besnuif.

Van die mense het der duisende rande spandeer aan inskrywings-sms’e en wil nou hulle kuite styf maak oor al die geld wat hulle willens en wetend aan k*k spandeer het.  Nee dankie, so mal is ek nie oor ‘n BMW nie. 

Comments (3) »

Tantrum-vastrap

Ek is so gatvol vir mense wat dink hulle het alleenreg op die aarde ek kan kots!
Gister-middag na werk stop ek gou by SPAR.  Gewoonlik is dit maar besig daai tyd van die laat-middag. 
Terwyl ek by die till staan, is daar ‘n kind ‘n paar tille aan wat redelik sy moer gestrip het en sy driewiel spin dat jy net klippe sien spat.  Dadelik is daar mense wat hulle oë rol en sug en jy kan sien die kind irretteer hulle nou vreeslik.  Dit maak my de bliksem in.
Ek het ook ‘n kind wat weet van vloermoere gooi.  En, dis vir my nog meer ongemaklik as vir die mense om my, maar is dit nodig om my en my kind aan te kyk of die kat ons ingedra het? NEE!  Jou kinders is heel moontlik al groot, so jy’t al vergeet hoe jou kinders in ‘n winkel tekere gegaan het.
Of, jy het dalk nie kinders nie.
Wat my nog meer verbaas van die stok-innie-hol-bliksems wat julle aangluur, is; gryp jy nou daai kind daar en dan en gee hom ‘n pakslae, DAN moet jy die kyke sien.  Ek het al ‘n tannie gehad wat na my toe gekom het, na ek my kind ‘n hou of 2 gegee het in ‘n winkelsentrum, wat my vra of was dit nou regtig nodig.  Eerstens, het dit net mooi boggerol met enige iemand uit te waai as ek my kind wil dissiplineer nie.  Ek is verantwoordelik daarvoor om my kind te leer van reg en verkeerd en solank ek nie my kind aanrand of mishandel nie, bly eerder weg, want jy is dalk net volgende…. 

Voor ek kinders gehad het, was my bek net so groot; ‘My kind sal nooit die voorreg he om ‘n tantrum te gooi nie, en ek sal dit en dat doen as sy dit wag’  Nê
En net om my terug te bring aarde toe, kry ek ‘n kind met ‘n moerse sterk wil en wys sy my hoe min beheer jy oor ‘n 2jarige kan he as hy/sy ‘n vloermoer wil gooi.  En as enige iemand gedink het dis vir daai ma lekker dat haar kind ‘n scene voor hordes mense maak – think again.  Dis aaklig.  So, hou op staar en bepaal jou by jou eie dinge.

Wat de moer wil julle nou eintelik hê?  Gooi ‘n kind ‘n tantrum, word hy/sy ‘n brat genoem, en die ouers word uitgekryt as useless.  Dissiplineer jy jou kind oor ‘n tantrum, word jy uitgekryt as onredelik.  Een van die mees onvoorspelbaarste wese op aarde is kinders.  En as hulle ‘n harde dag van speel en leer agter die blad het, moet jy maar weet…
Ek gee nooit onnodig pakslae nie en probeer baie keer alternatiewe maniere van dissiplinering, maar dis oor en oor bewys; ‘n pak op sy tyd, is soos brood en konfyt! (Of dit nou by die huis is of in SPAR!)

Comments (1) »

Onse Blogsfeer

Ek was erg besig die laaste paar dae en het nie eintelik tyd gekry om te blog nie.   Ek het darem wel tyd gehad om deur ‘n paar blogs te lees en het lekker interresante dinge raak gelees.

Oorlat ek nuut is met die blog-ding weet ek nie eintelik waaroor om te skryf nie.  Ek sien hier is nogal ‘n ietsie van alles onder die bloggers.  Een blog wat ek regtig geniet is Bosparra. WHAHAHAHA! Dis vir my soos my oggend-koerant en koffie.  Platkuif, you rock!

En toe lees ek beginnerboer se Seksvrae-blog raak.  EISH!  Ek dink die ou het sy kop in ‘n bynes gesteek (hiehie) want om sulke prominente vrae te stel het nogal guts.  Veral as jy dink aan die agtergrond waar die outjie vandaan kom.  Maar, ek gun elke diertjie sy plesiertjie – gelukkig uiter hy sy dinge op ‘n blog en molesteer nie kinders soos onse Jurie nie…

Na my swerftog in die blogsfeer gaan ek beslis biedjie my blogroll update en ook sommer begin comments los.

Comments (4) »

10 Don’ts for Valentine’s Day

Ek lees die raak op Health24.

Daar is even ‘n Valentine’s Day Section met tips…  Gaan lees gerus, en hoop jy’t ‘n stunning Valentynsdag!

j0133619.jpg

Lewer kommentaar »

Wat de …?

Hierdie is seker die grootste klomp stront wat ek in ‘n lang tyd gehoor het:

THE NATIONAL SCHOOL PLEDGE
We the youth of South Africa
Recognising the injustices of our past,
honour those who have suffered and sacrificed for justice and freedom.
We will respect and protect the dignity of each person, and stand up for justice
We sincerely declare that we shall uphold the rights and values of our constitution
and promise to act in accordance with the duties and responsibilities
that flow from these rights.
! KE E: / XARRA / / KE
Nkosi Sikelel’ iAfrika.

Helloooooo? Hierdie is Suid-Afrika, nie Amerika nie, miesies Pandora!  Ek lees in die Beeld, sy reken hierdie is net voorgestelde woorde en die publiek is welkom om met ander voorstelle vorendag te kom.  Ek is seker!  More, oormore hoor ons weer, daar was te min reaksie so die woorde bly soos dit is.

Wat het geword van open met skriflesing en gebed?  Nee magtag man! Voor ons weer sien, word daar met saal-opening dol-osse rondgegooi…

Lewer kommentaar »