Vodacom gee nie meer BMW’s

 http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2273762,00.html

As daar iets is wat my tot in my dinges in frustreer, is dit as jy inskryf vir ‘n sms-kompetisie en daarna kom daar f*okken 100 sms’e per dag om jou so ver te kry om weer in te skryf.  Dit was die geval met die Vodacom en hulle blou BMW’s.  Ek het eenkeer ‘n R10 (bid jou dit aan, f*kken R10!) sms gestuur en toe kry ek elke uur van die dag ‘n sms wat my aanraai om weer in te skryf.  Ek het ‘n business top-up rekening, so jy bel en sms aansienlik minder as jy kan SIEN hoe jou geldjies minder raak.  En, myns insiens, is iemand wat aanhoudend R10 per sms betaal in die hoop om ‘n BMW te wen, van die hoere besnuif.

Van die mense het der duisende rande spandeer aan inskrywings-sms’e en wil nou hulle kuite styf maak oor al die geld wat hulle willens en wetend aan k*k spandeer het.  Nee dankie, so mal is ek nie oor ‘n BMW nie. 

3 Responses so far »

  1. 1

    mnr.muller said,

    Hey, ek stem heeltemal saam. Dis belaglik dat ‘n diensverskaffer so vrotsig is. Gmpf. Dis mos totaal oneties dat jy, in plaas daarvan om ‘n diens te lewer, jou kliënte uitbuit met goedkoop truuks.

  2. 2

    Dellie said,

    Gelukkig is ek by MTN. Pay as you go. Ek gebruik my selfoon net vir sms’e aan studente. Ek het ‘n landlyn as ek moet bel.

  3. 3

    skoor said,

    Ek wil net weet wat van die arme oom wat R48 000 se sms’e gestuur het vir daai kompetisie? Noudat dit as onwettig uitgewys is, kry die mense hulle geldjies terug?

    Ek steur my nie aan daardie soort sms’e nie, en as ek die mens kry wat hulle sit en uitdink en dan die send knoppie druk, knoop ek ‘n paar velletjies wat rondhang!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: