Met die maan gepla

Ek hoor dit was vanoggend maansverduistering.  Wel, ek is seker die volmaan het ‘n invloed op sekere mense, veral die vrouens, gehad. 
Ek was gister vir geen rede in ‘n bedruk en bedonnerde bui en meeste van my vriendinne was ook maar half depro.  Even ‘n vriend van ons, kla gister, hy weet nie wat aangaan met sy vrou nie, sy is in ‘n baie skuins bui.  Vir hom is dit heeltemal iets nuut, want hulle is van die gelukkige paartjies wat DALK een keer in 2 jaar seriously moerig raak vir mekaar.

Ek dag toe vanmore, laat ek biedjie ‘met die maan gepla’ google.  Al wat ek opspoor is Gian Groen se cd met die titel en ‘n paar non-related sites wat elke woord apart bevat.

Maar, nou wil ek weet, is daar regtig mense wat met die maan gepla is?  Raak jy biedjie moerig, bedruk, bedonnerd, snotterig en tranerig as dit volmaan is?  As jy ‘n vrou het en jy kry die moods, word daar mos maar gewoonlik aangeneem jy’t PMS.  En as daar nou een iets is wat vir my voel of iemand ‘n sambreel in my hol oopmaak, is dit as ‘n man vir my se, “oe, dis seker weer DAAI tyd van die maand”  EK SIEN SWART!
Dis soos Karin Zoid sing: “Nee, ek het nie PMS nie, I’m just a natural BITCH!”

Is daar regtig mense wat met die maan gepla word?

5 Responses so far »

  1. 1

    skoor said,

    Jip, ek weet daar is mense wat heel snaaks begin optree, en as jy dan in die lug opkyk, hang die ou groot boepens uitdagend daar bo!

    Hare en naels groei ook vinniger net voor volmaan – toets dit maar.

    Maar volmaan vang my nie NAASTENBY soos pms my vang nie.

  2. 2

    Dellie said,

    Ek merk gewoonlik eers na die tyd op dat dit volmaan is… so ja, ek glo die maan speel ‘n belangrike rol in ons lewens.

    Maar soos Skoor ook seg, NIKS kom by my PMS nie!😆

  3. 3

    Maar as daar ‘n totale maansverduistering was soos vanoggend (die volgende een is eers weer in Julie 2011) kan die maan nie so gewone invloed op mense he nie – indien dit so is.
    Want tydens ‘n totale verduistering skuif die maan in die aarde se skaduwee in. Sou mens dus op die maan staan en na die aarde kyk sal die aarde ‘n dowwe skyf wees wat voor die son verby beweeg, omring deur gloeiende orange-rooi ring.
    Die effek van die volmaan gaan dus verlore met ‘n totale maansverduistering.

  4. 4

    sonkind said,

    O ja, definitief en vir seker is daar mense wat met die maan gepla is. Ek bly saam met een!

    Gelukkig weet ek nou al om net by die venster uit te kyk as sy bui skielik versleg en ek kan maar weet – daar hang die ronde maan. Dis darem gou weer verby en nie regtig TE ernstig nie.

  5. 5

    Skoor said,

    Sonkind, sluit hom op as jy gepla raak deur sy maangeplaery. Nee man, Boervroue het mos klaar ‘n plan.


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: