Vrouens en seks (sug)

Ek het die onderwerp van hoeveel keer ‘n week is genoeg seks op Seksvrae (wat hiermee begin het) en op Oor.Dose raakgelees en toe my gedagtes laat gaan en ook sommer aan iemand wat ek ken, gedink. 
Kyk, vir ‘n vrou om te kla sy kry te min seks, wil gedoen word.  En nee, sy is nie ‘n nimfo nie, sy het rerig ‘n gevrekte man, want hy swig nie eers voor haar verleiding-tegnieke nie.  Of, nou dat ek daaraan dink, dalk doen sy dit verkeerd…?  Hoe dit ook al sy, ek kry die vrou nogal jammer, want as jy genoeg seks kry is dit nie ‘n issue nie, maar as jy nie genoeg kry nie, is dit ‘n serious issue wat alle ander issues oorskadu.

Ek, as vrou, dink regtig ons vrouens kan ook maar biedjie meer effort aan die dag le en ons mans biedjie serious verlei.  My man hou nogal daarvan as ek biedjie initiatief aan die dag le as dit by seks kom.  Waar’s die wet wat se, dis net mans wat seks mag inisiate?  NERENS!  Maak nie saak of jy ‘n vrou is nie, as die natuur roep, antwoord.  Jy sal dalk jou man uit sy koma uit laat kom.

Nog ‘n ding wat ek ook so met die tyd agtergekom het is dat ons boere-girls dink ‘daai deng’ hy es net vir piepie – NOT!
Jy sal verbaas wees hoe multi-purposed daai dingetjie kan wees en hoe lekker dit is om al daai goedjies saam met jou man te explore. 
Met vandag se gejaagde lewe, is almal maar lam en tam en nie altyd lus vir baie nie.  Ek is ook maar skuldig dat ek te moeg is, of nie lus of whatever ook al. (Ek se nie meer ek het hoofpyn nie, want ek het een aand ‘n glas water en ‘n panado op my bedkassie gekry, toe ek vra wat nou, word daar gevra of nie gese het ek het hoofpyn nie.  Ek antwoord toe, wat jy waar gehoor het? En ja, dis toe dat ek die skimp vang…)  Maar, as jy deurdruk en biedjie foreplay toelaat, kan ek jou verseker, jy gaan nie meer moeg of lusteloos wees nie.
Ek wil net noem, ek dink net daar’s ‘n paar mans wat die art of foreplay biedjie kan gaan naslaan.
– Moenie van die begin af induik en gaan vir goud nie – be gentle
– Borste moet met sorg hanteer word en nie soos radio-knoppies getune word nie
– Weet waar is die on-knoppie en gebruik dit reg

Ek was eendag by ‘n kitchen tea waar daar ‘n professionele seks-terapeut was wat ‘n praatjie gelewer het.  Dit was baie insiggewend.  Ek het wel die heeltyd gebloos of gegiggel, maar ekt darem geluister ook en ‘n hele paar tips opgtel wat tot my en my man se voordeel gestrek het.
Daar is vrouens wat gaan paaldans- of bellydance-lesse vat om dinge in die kamer biedjie op te spice. As dit is wat jou man wil he, gaan groot. Kry ‘n paar vere, ‘n besemstok en maak daai heupies los en be the human coffee grinder.
Ek, persoonlik, doen dit eerder self vir hom as wat hy in ‘n strip-club gaan sit en jimpel word en dan huis toe kom en my dubbelvou oor ‘n ander girl se gedans.  Nee, ek wil werk vir my kos en ploeg nie met iemand ander se kallers nie.
Ek kan nie dink dat daar een man sal wees wat nie sy vrou met vere en baie min klere aan, wil sien nie.  En as jy biedjie skuldig voel oor die selluliet en lovehandles, relax – mans sien dit nie raak nie, hulle oog is op ‘wenpaal’.

Een van my vriendinne het met Valentyndsdag vir haar man ‘vouchers’ gegee.  Nie Timbercity of Builders Warehouse vouchers nie, maar vouchers wat sy self gemaak het.
Vouchers wat hy kan inruil vir ‘exotic room services’.  En volgens hom was dit die beste geskenk wat hy nog ooit in sy hele lewe gekry het.

Sal dit nie lekker wees as jou wederhelf 24/7 met ‘n  krokodil-smile rondloop en jy weet dis nie oor hy/sy die lotto gewen het nie, maar ‘n veel beter jackpot geslaan het nie?
Jy hoef nie elke dag seks te he nie, maar sorg dat jy dit reg doen die kere wat julle dit wel doen.

So, vir die vrouens wat nou besluit het dis tyd vir meer spice in die slaapkamer, sien die foto hieronder vir ‘n idee oor hoe jy vanaand vir jou man kan wag – and call me in the morning!

tequila.jpg

PS: Voor jy jou man inwag, sorg tog net dat die kinders in die bed is en slaap, ons wil nie he daar moet ‘n paar kinders wees wat trauma-counceling moet kry oor hulle op mamma en pappa in ‘n moeilike posisie afgekom het nie! ;-) 
 

2 Responses so far »

  1. 1

    stemvokkensaam said,

    En jy is nie dalk ‘n seksterapeut nie, anders het jy jou job gemis…lol!

    Goed saamgevat, ek het dit enjoy!

  2. 2

    hoeterbek said,

    Stemvokkensaam, nee ek is ongelukkig nie een nie.
    Maar, ek’s al 10 jaar getroud en het baie geleer in die tyd …
    O ja, en soos mans by ‘n vuur staan en praat, ons vrouens doen dit in die kombuis ook!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: